Is dit haatlik of arrogant om te sê Jesus is die enigste weg?

Charles Templeton het so gedink en sy argument was soos volg:

Wat staan ons te doen met Templeton se stellings? Is dit aanmatigend om te sê Jesus is die enigste ware weg na redding? Of nog erger; is Christene skulding aan  absurde godsdienstige chauvinisme, soos sommiges dit stel? Sulke stellings is niks anders as godsdienstige pluralisme nie nl. die oortuiging dat alle godsdienste basies dieselfde is en mense na God toe lei.

Is dit nie dalk beter vir Christene om in hierdie hedendaagse samelewing wat dogmatiese waarheid aansprake verwerp, eerder na die godsdienstige pluraliste se waarskuwings te luister en nie te bly verkondig dat Jesus die enigste weg is na verlossing nie? Daar is ‘n paar redes hoekom ek nie so dink nie. Eerstens is godsdienstige pluralisme ‘n selfvernietigende konsep sonder enige logika. Tweedens ignoreer dit verskeie wetenskaplike en historiese feite. Nadere ondersoek dui op die volgende:

Godsdienstige Pluralisme is Selfvernietigend.

Om hulle standpunt te ondersteun verwys die godsdienstige pluraliste na die volgende legende van die blinde mense en die olifant:

Die pluralis sê dat die 5 blinde mans soos die verskillende gelowe in die wêreld is.  Elke geloofsgroep het die verkrampte ortuiging dat hulle werklikheidsvisie korrek is maar uiteindelik is almal mislei. En aangesien elke geloofsoortuiging eintlik maar dieselfde is, lei dit uiteindelik na dieselfde plek toe. Volgens die pluralis bestaan daar dus geen enkele ware weg nie

Die Gelowe weerspreek mekaar

Die pluralis se argument dat alle godsdienste eintlik maar dieselfde boodskap het, is baie vêr van die waarheid af. God se natuur word deur die verskeie wêreld gelowe as volg voorgehou: Hinduisme aanbid ‘n hele reeks gode wat volgens hulle een is met die skepping. Buddisme verkondig ‘n geestellike bewussyn, maar aanbid geen spesifieke god nie. Die “New Age” beweging verkondig dat elke mens hulle eie god is en Islam glo in een god naamlik Allah wat verhewe is bo die skepping. Judaïsme glo ook in ‘n verhewe God genaamd Jehovah. Christenskap glo aan een God met ‘n natuur van 3 Persone wat beide verhewe en inwonend is in Sy skepping.

Nog ‘n voorbeeld hiervan is die verskillende gelowe se siening oor Jesus van Nasaret. Hinduisme, Buddisme, en New Age beskou Hom as ‘n goeie en ‘n morele leeraar. Islam beskou Jesus as ‘n profeet, maar nie goddelik nie en ook nie dat hy aan ‘n kruis gesterf het nie. Judaïsme glo dat Jesus van Nasaret ‘n valse profeet was wat baie mislei het en dat hy daaroor gerkuisig was. Christenskap glo dat Jesus goddelik was, dat Hy aan ‘n kruis gesterf het en dat hy opgestaan het uit die dood.

Gebrek aan spasie laat my ongelukkig nie toe om verder uit die brei oor hoe die verskillende gelowe fundamenteel verskil oor die skepping, die skrif, die sondige menslike natuur, die redding van die wereld en die ewige lewe nie. Hulle stem basies oor niks saam nie.

Pluralisme is onlogies

Daar is bloot geen waarheid in die stelling dat alle gelowe die selfde boodskap verkondig nie.  Christenskap glo dat God drie-enig is. Dit is teenstrydig met enige logika om te beweer dat God gelyktydig en op dieselfde manier, drie-enig kan wees (Christenskap) asook niè drie-enig kan wees (Hinduisme, Buddisme, New Age, Islam en Judaïsme). Dieselfde geld vir die stelling dat Jesus God is (Christenskap) maar ook terselftertyd niè God is nie (Hinduisme, Buddisme, New Age, Islamities en Judaïsme). Om te beweer dat alle gelowe die waarheid verkondig oor God se natuur is bloot onlogies want die teenstrydighede kan nie ontken word nie.

Pluralisme se beroep op eksklusiwiteit

Ironies genoeg is die pluralisme dus self skuldig aan dit waarvan hulle die ander gelowe beskuldig. Naamlik die toe-eiening van hulle bewering as die eksklusiewe waarheid en dat die ander gelowe almal naïef en vals is. Kom dit nie ook neer op haatspraak nie?

Pluralisme ignorer wetenskaplike en historiese feite

Dit is een ding om te sê dat nie alle gelowe reg kan wees nie maar dit is iets heeltemal anders om te beweer dat slegs een geloof waar is. Daar bestaan wel sterk bewyse dat Christenskap waar is.

Wetenskaplike Bewyse

Die oorsprong van die heelal. Alel beskikbare wetenskaplike data dui daarop dat die verskillende elemente van tyd, ruimte en materie presies gelyktydig ontstaan het op ‘n spesifiek tydstip in die verre verlede. Dit impliseer dat die oorsaak van die ontstaan van die heelal onafhanklik moes wees van enige ruimte, tyd en materie. Hierdie stel feite word ondersteun deur die Christendom se geloof dat God die wereld gesape het uit niks en weerspreek terselftertyd panteïistiese gelowe soos Hinduisme wat glo dat god een is met die heelal en wèl gebind is deur tyd, ruimte en materie. Die wetenskap weerspreek die Buddisme se geloof in ‘n ewige, herhalende heelal en ondersteun die skepping van die heelal deur ‘n Opperwese op ‘n spesifieke tydstip soos deur die Christendom, Judaïsme, Deïsme en Islam aanvaar. Die feite rondom Jesus van Nasaret laat die Christendom ver uitstaan bo die res.

Historiese Bewyse

Verskeie kundiges oor die antieke geskiedenis met die hulp van uiteenlopende historiese bronne, stem saam dat Jesus van Nasaret in die eerste eeu deur kruisiging gesterf het. Selfs die skeptiese geleerde John Dominic Crossan, het erken dat Jesus se kruisiging onder Pontius Pilate so waar is soos wat enige geskiedkundige feit ooit kan wees. Islam glo dat Jesus wèl ‘n profeet van God was maar ontken dat Hy gekruisig was. Hulle deurstaan dus nie die geskiedkundige toets as die een ware geloof nie.  In evaluering van die 3 oorblywende gelowe ondersoek ons die Opstanding. Het Jesus werklik uit die dood op gestaan? Indien hy het, dan is Christenskap waar en Judaïsme en Deïsme is nie. Daar bestaan genoeg redes om te glo dat Jesus wèl uit die dood uit op gestaan het. Hier is weer voorbeelde:

Christene glo dat ‘n groep vroue die eerste ooggetuie was van hierdie gebeurtenis. Vroue was tradisioneel as minderwaardig beskou en dit is baie onwaarskynlik dat hierdie vernederende detail deur die vroë christene versin sou word ter wille van enige geloofwaardigheid. Daar bestaan dus goeie rede om te glo dat dit waar is.

Jesus se naaste volgelinge was bereid om te sterf vir hulle geloof dat Jesus uit die dood uit op gestaan het. Kan enigiemand vandag werklik glo dat nie een van hulle sou bieg indien dit ‘n leuen was en hulle gedreig is met kruisiging en onthoofding nie?  Niemand het nie, selfs nie eers dieselfde dissipels wat gevlug en weggekruip het toe Jesus gevang en gekruisig was. En indien Jesus dan wèl uit die dood uit opgestaan het, moet dit waar wees wat Hy oor Homself gesê het, nl dat Hy God is. En dat niemand na Die Vader en tot verlossing kom behalwe deur Hom nie.

Is dit haatspraak om te sê Jesus is die enigste weg?

Ek weet van niemand wat sal sê dat Jesus vol haat was nie. Die teendeel is eerder waar dat Jesus werklik regverdig en liefdevol was. En tog is dit dieselfde Jesus wat die stelling maak dat Hy die enigste Weg is, en die Waarheid en Die Lewe.  En dat niemand na die Vader toe kom behalwe deur Jesus Homself nie (John 14:6).

Terwyl jy hieroor nadink, onthou gerus die woorde van die beroemde kulkunstenaar en uitgesproke ateïs, Penn Jillette: “So, is dit haatspraak om vir mense te sê Jesus is die enigste weg? Ek stel dit aan u – dit is ‘n liefdevolle ding om te doen!”

 “I’ve always said that I don’t respect people who don’t proselytize. I do

 

Footnotes

[1] Charles Templeton, Farewell to God (Toronto, Ontario: McClelland & Stewart), 27
[2] John Hick and Paul Knitter, eds., The Myth of Christian Uniqueness, (Eugene, OR: Wipf & Stock), 141
[3] John Dominic Crossan, Jesus: A Revolutionary Biography (San Francisco: HarperCollins, 1991), 145.
[4] Quoted in, Justin Taylor, “How Much Do You Have to Hate Someone to Not Proselytize?” TheGospelCoalition.org, 18 Nov 2009, accessed 20 March 2023 at: https://www.thegospelcoalition.org/blogs/justin-taylor/how-much-do-you-have-to-hate-somebody-to-not-proselytize/

Recommended Resources Related to This Topic

Is Original Sin Unfair? (DVD Set), (mp4 Download Set), and (MP3 Set) by Dr. Frank Turek
Jesus, You and the Essentials of Christianity by Frank Turek (INSTRUCTOR Study Guide), (STUDENT Study Guide), and (DVD)
Is Original Sin Unfair? by Frank Turek (DVD, Mp3 and Mp4)
How Can Jesus Be the Only Way? (mp4 Download) by Frank Turek
____________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ryan Leasure holds a Master of Arts from Furman University and a Masters of Divinity from the Southern Baptist Theological Seminary. Currently, he’s a Doctor of Ministry candidate at the Southern Baptist Theological Seminary. He also serves as a pastor at Grace Bible Church in Moore, SC.

Original Blog Source: http://bit.ly/3JF54Wf