Is die God van die Ou Testament, dieselfde God van die Nuwe Testament?

Daar is geen twyfel dat die Bybel die idee oordra van twee verskillende weergawes van God, die kwaai, wraakvolle, straflustige God van die Ou Testament en die vriendlike, sagte, liefdevolle en genadige God van die Nuwe Testament. Is dit  regtig so, word daar twee verskillende weergawes van God in die Bybel gekommunikeer? Is daar een God van wraak en een God van liefde. Of is God dalk bi-polêr, met eienskappe van gesplete persoonlikhede van woede en genade en so meer? Nee, hoegenaamd nie.

 

 Progressiewe Openbaring

Wat ons sien in die Bybel is dat God Homself openbaar aan die mens deur progressiewe openbaring. Soos die storie ontvou, word die natuur van God glashelder en kan ons dan in helder detail sien wie God is. Terwyl dit egter waar is dat ons in die Nuwe Testament meer van God se welwillendheid teenoor die mens kan sien in die vervulling van Sy genade aan die kruis, beteken dit nie dat die Ou Testament ontneem is van God se welwillendheid teenoor die mensdom nie. Die Ou Testament is deurtrek met voorbeelde van ‘n God wat sonder ophou die welsyn van Sy mense nastreef, selfs nadat hulle Hom telkemale verwerp tenspyte van Sy talle waarskuwings van naderende oordeel.

 

Genade in die Ou Testament

 

Die Oordeel van God word in detail en gereeld bespreek in die Ou Testament. Dit word egter beklemtoon in daardie gevalle waar mense Sy waarskuwing en roeping ignoreer om na Hom te draai. Selfs die Profete van die Ou Testament is agente van genade, wat deur hulle talle waarskuwings aan die nasies, die mense prober vertel van die komende ordeel sodat mense kan bekeer en dit vryspring. Wanneer mense dan hierdie waarskuwing minag en ignoreer, was daar inderdaad oordeel oor hulle uitgestort. Dit het egter nooit gebeur sonder nuwe uitnodiging tot bekering van God nie. Ja, selfs na gevalle van Sy oordeel, word God se hand in Groot Genade uitgesteek om Sy mense weer tot redding te roep.

 

 

Oordeel in die Nuwe Testament

 

Met die lees van die Nuwe Testament se verhaal, sal dit verkeerd wees om te dink God se morele waardes het verander hier. Asof Hy nou net ‘n ou “softy” geword het wat minder omgee oor ongehoorsaamheid en sonde onder mense. Verseker nie. Mens hoef nie ver en lank te soek vir voorbeelde van God se oordeel nie. ‘n Paar besonderse voorbeelde hiervan is Romeine 1-3, Markus 11:15-17 waar Jesus die tempel skoon maak en Romeine 11:11-24 waar die harte van die Joodse volk verhard het. In Openbaring 20:11-15 word God se plan van finale oordeel in groot detail beskryf en laastens het Jesus meer oor die Hel gepraat het as oor die Hemel. Wat meer sal ons dan nou sê? Die Bybel praat uiteindelik nie van twee gode nie, ook nie van een god met n gepslete persoonlikheid nie. Ons sien eerder sien die natuur van God ontvou en openbaar word op ‘n wonderlike, progressiewe manier wat ons toelaat om dit beter in te neem en te verstaan. Ons sien deurlopend in die skrif ‘n God wat beide Liefdevol en Geregtig is, en natuurlik ook soveel meer.

 

 

 

Recommended Resources Related to This Topic

If God, Why Evil? (DVD Set), (MP3 Set), and (mp4 Download Set) by Frank Turek
Why Doesn’t God Intervene More? (DVD Set), (MP3 Set), and (mp4 Download Set) by Frank Turek
Why does God allow Bad Things to Happen to Good People? (DVD) and (mp4 Download) by Frank Turek
Is Original Sin Unfair? (DVD Set), (mp4 Download Set), and (MP3 Set) by Dr. Frank Turek
How Can Jesus Be the Only Way? (mp4 Download) by Frank Turek

 

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Bobby dien as die hoof pastoor by ‘n kerk in  Charlotte, North Carolina, en is baie bekend vir sy YouTube bediening met die naam, One Minute Apologist, wat egter nou bekend staan as Still Makes Sense.  Hy is ook mede pastoor by Pastors’ Perspective, n’ nationale in bel radio stasie in Suidlike California.

 

Bobby verdien sy Meesters in Teologie vanaf Dallas Teologiese KweekSkool, sy Doktrit van bediening in Apologetiek vanaf Southern Evangelical Kweekskool, en sy Ph.D. in Godsdiensfilosofien vanaf die Universiteit van Birmingham (Engeland) waar hy onder die toesig van David Cheetham en Yujin Nagasawa gedien het.

 

Bobby is die skrywer wan heelwat boekke ook, genaamd: The Fifth Gospel, Doubting Toward Faith, Does God Exist, and Fifty-One other Questions About God en The Bible en die opkomende Christianity Still Makes Sense wat gepubliseer sal word deur Tyndale in April 2024. Hy is getroud met sy lifelike vrou Heather en saam het hulle twee nou volwasse kinders: Haley and Dawson.