WIE IS CROSSEXAMINED?

In ‘n wêreld waar mense nie meer soek na objektiewe waarheid nie, en omtrent alle waarheid subjektief geword het, is daar nou ‘n ernstige behoefte om objektiewe waarheid te identifiseer en
te verdedig. Mense moet herinner word aan die waarheid. Terwyl sommiges stry oor wat die waarheid is, offer ons Jesus op as Die Waarheid.

CrossExamined Suid Afrika nooi jou uit op n reid om te ontdek hoe die Christelike geloof die mees redelikste wêreldbeskouing is deur die volgende konsepte te verken:

CROSSEXAMINED SENDING

Christenskap kan nie waar wees nie, en ook nie enige ander wêreldbeskouing (insluitend ateïsme), as waarheid relatief is of net "waar vir jou maar nie vir my nie".

As wonderwerke nie gebeur nie, dan is die Christendom nonsens. Ons glo dat wonderwerke nie net waar is nie, maar dat die grootste wonderwerk van als reeds gebeur het en ons het wetenskaplike bewyse daarvoor.

Die Woord van God kan nie bestaan as God nie bestaan nie. Ons glo drie kragitge argumente kan gemaak word vir die bestaan van God. Twee wetenskaplike en een filosofiese, sonder enige verwysing na die Bybel.

Tensy die Waarheid bestaan, God bestaan en Wonder werke moontlik is, is die Nuwe Testament onwaar. Na ons hierdie punte vas gestel het, glo ons dat ons kan bewys dat die Nuwe Testament histories akkuraat is en dat Jesus werklik uit die doo opgestaan het om die mensdom te red. Buiten dit, wys die akkuraatheid van die Nuwe Testament terug na die akkuraatheid van die Ou Testament.

CROSSEXAMINED UITDAGINGS

Verdraaide Waarheid

Die waarheid staan op sy eie twee voete; dit word ontdek en nie bepaal nie. Misleiding is die veraaiing van die waarheid, of deur kwaadwilligheid of deur onkunde. Nou meer as ooit is misleading oral om ons, self in die land van Suid Afrika.

Konflikterende sienings oor die mensdom, die wêreld en God

Onder die toeneming van natuurlike rampe, pandemies en vrees, het daar ‘n geveg vir die waarheid uit gebreuk. Wat is die waarheid oor ons heelal, oor die mensdom en oor God? By Cross Examined stoei ons met van die mees belangrikste lewens vrae oor Oorsprong, Doel, Moraliteit en Ewigheid.

Ontoegerus vir kulturele betrokkenheid

Baie mense volg wat bevorder en aanvaar word binne hul kulturele konteks, die vraag is, beïnvloed dit hoe ons ons geloof verstaan? Ons glo dit doen. Verskeie kulture bevorder baie verskillende ideologieë, of dit geloofsgegrond is of verband hou met die waarheid. By CrossExamined Suid Afrika poog ons om jou toe te rus om betrokke te raak by hierdie kultureel relevante gesprekke op 'n ingeligte en effektiewe manier.