Die Opstanding, Feit of Fiksie, ‘n Paasfees Preek?

Bobby Conway, Ph.D.

 

 

Na Paassondag het dit nie lank geduur vir skeptici om valse aansprake oor die opstanding van Christus te maak nie en dit is maklik om te verstaan hoekom. Hierdie kritici het geweet dat as hulle die opstanding kon verdag maak, die Christendom sou verkrummel. En hulle was nie verkeerd daaroor nie. Selfs Paulus het aangedui, “As Christus nie opgewek is nie, is u geloof nutteloos, en u is nog steeds in u sondes” (1 Korintiërs 15:17). Hulle probleem was dat nie een van die besware wat deur hulle geopper is, die opstanding as vals kon bewys nie aangesien die teoriëe bloot swak was.

 

Die eerste teorie wat gebruik was om Christus se opstanding te probeer ontken was dat “Jesus se liggaam gesteel was”. Indien Jesus se liggaam inderdaad gesteel was, sou die diewe nie juis die liggaam na vore gebring het toe die dissipels beweer het dat Hy leef nie? Dit sou die disseipels se beweringe onmiddellik en geheel en al ontmasker het. Oor die bewering dat die dissipels die liggaam self gesteel het; Wat sou hulle motivering dan wees om te sterf vir ‘n klug wat hulle self geskep het? Ons almal het al gehoor dat “Baie sal sterf vir wat hulle dink waar is”, Wie sal egter sterf vir iets wat hulle weet vals is?

 

“Baie sal sterf vir wat hulle dink waar is, maar wie sal sterf vir iets wat hulle weet vals is?”

 

Tweedens beweer sommige skeptici dat die mense mense wat Jesus na Sy opstanding gesien het, “ge-hallusineer” het. Dit is werklik ‘n desperate poging. Die redenasie sou meer waarskynlik kon wees indien daar slegs ‘n paar lukrake ontmoetings was maar dit was allermins die geval. Jesus het inteendeel meer as een keer aan sy dissipels verskyn en by geleentheid selfs aan 500 mense gelyktydig. Dit is tog absurd om te glo dat soveel mense gelyktydig verkeerdelik kon glo dat hulle die opgestane Christus gesien het? Afgesien van die werklike opstanding is dit ook moeilik om die radikale lewens-verandering te ontken wat deur Saulus ervaar is na sy ontmoeting met Christus op die Damaskusweg. Of die transformasie van Jakobus, die halfbroer van Jesus en Thomas en Petrus.

 

“Die hallusinasieteorie verklaar nie die radikale lewensverandering van sommige van Jesus se grootste kritici soos Saulus, die Fariseër en Jakobus, Jesus se broer nie”

 

Derdens beweer sommige skeptici dat “Jesus bloot oorlede is”.  In ‘n verdure poging om twyfel te saai oor die opstanding het ‘n nuwe teorie in die 18de eeu die lig gesien wat beweer dat Jesus nooit aan die kruis gesterf het nie, maar bloot sy bewussyn verloor het. Dit staan bekend as die “swoon-teorie”en aanhangers hiervan beweer dat Jesus, nadat hy in die graf geplaas is en verkeerdelik dood verklaar was, weer sy bewussyn herwin het.

Volgens hulle het hy daarna die grafsteen weggerol en aangekondig: “Kyk mense, ek leef.”

Is dit werklik realisties om te dink dat iemand wat so verskriklik geslaan was met n sweep, deur sy hande en voete aan ‘n kruis vasgespyker was, ‘n doringkroon deur sy kop gesteek was, met ‘n lem in sy sy gesteek was, en met sy liggaam toegedraai in 75 pond (34kg) begrafnisdoek, bloot sy bewussyn herwin en homself bevry het, van êrens af die krag gekry het om ‘n klip van twee ton (2000 kg) weg te skuif, ongesiens verby die wagte te beweeg, net sodat hy sy dissipels kan oortuig dat hy leef? Kan enigiemand dit werklik glo? Indien dit wel so gebeur het sou hy waarskynlik in die naaste hospital opgespoor gewees het.

Dit is baie duidelik dat hierdie bloot desperate pogings is om die opstanding verdag te maak, en dat dit eerlikwaar makliker en selfs meer rasioneel is om bloot die waarheid te glo eerder as hierdie fiktiewe, verregaande teorieë.

 

Gelukkige Paasfees!

[Voorgestelde skakels]:
Examining Historical Evidence for the Resurrection | with Mike Licona – Cross Examined
4 New Arguments for the Resurrection of Jesus (crossexamined.org)

5 Reasons the Resurrection of Jesus is NOT a Copy of Ancient Pagan Myths (crossexamined.org)