Jesus is Ons Here, nie ‘n gelukbringer Nie.

Sommige kerke en mense maak van Jesus ‘n gelukbringer

Verskeie mense wonder seker wat ek hiermee bedoel maar ander weet waarskynlik presies wat ek bedoel. In Amerika beskou ons dit as vanselfsprekend dat ons geen prys  hoef te betaal om Jesus te volg of Christelike waardes na te streef nie.  Anders gestel: ons het te gemaklik geraak. Ons besit ‘n Bybel en gaan kerk toe en ons word nie vervolg of gemartel daarvoor nie. Ons loof God in ons motors, luister kliphard na gospel musiek met oop vensters sonder om bang te wees om uitgevang te word.

Ons maak van Jesus ‘n simbool van ons eie goeie besluite en ‘n voorwerp van geluk. Tydens middagete met ‘n vriendin ‘n ruk gelede, sê sy ons moet beslis kerk toe gaan daardie week omdat sy wou goed doen in ‘n komende eksamen. Sy het geglo dat as sy haar kruis dra, kerk toe gaan, en ‘n paar Bybelverse lees, God haar genadig sou wees.   ‘n Gee-en-neem ooreenkoms dus. Ek glo ons het perspektief nodig hierop.

‘n Gelukbringer is iets of iemand wat veronderstel is om goeie geluk te bring of gebruik word as simbool om ‘n spesifieke gebeurtenis of organisasie te verteenwoordig. Ek is van mening dat baie mense Jesus as hulle gelukbringer beskou en nie as hul God nie. Dit is amper asof Jesus een keer per week as ‘n glans persoonlikheid gebruik word vir advies oor die uitdagings van die lewe soos hoe om stress of ‘n spesifieke sonde te hanteer. Sommige verbeel Jesus as iemand wat vir almal vertel hoe wonderlik hulle is en wat wil hê almal moet voorspoedig en oorwinnaars wees. Sy hoofdoel is dus om hulle selfvertroue te herstel en al hulle probleme op te los. ‘Volg bloot vir My en die lewe sal fantasties wees!“

Hulle laat dan toe dat Jesus die Gelukbringer hulle geloof bevestig dat God wil hê ons moet  goed voel en gemaklik wees. Hulle maak van Hom ‘n motiveringspreker wat vir mense sê alles is goed en wel. Mense is dan tog so trots om Christene te wees en volgelinge van hierdie altyd gelukkige, liefdevolle, verdraagsame, ‘cheer leader’ Jesus wie slegs daar is om ons vrolik te laat voel asof die lewe ‘n voetbalwedstryd is.

Maar in werklikheid word Hy op die kantlyn geplaas. Alles gaan uiteintlik oor ons. Hy is net daar as ons Hom nodig het. Ons kan dus nou self besluite neem en sê dit is God se wil omdat dit is wat ons van God geleer is. Baie min mense wat roem daarop dat hulle Sy Naam dra en hulleself Christene noem, vertrou op Hom as Here en God. Ek wonder of hulle werklik weet wat dit beteken om die kruis op te neem en Jesus te volg soos wat Hy ons beveel in die Evangelies:

Matteus 16: 24-26: Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg. Want wie sy lewe wil red, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My verloor, sal dit vind. Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld oorwin en sy siel verbeur? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?”

Deur te vra wat “die koste” sou wees om Hom te volg bevestig Jesus dat dit inderdaad iets sal kos. Dit beteken nie dat ons lewens sonder geluk en gemak moet hê soos wat sommige ekstremiste glo nie, dit beteken ons moet weet waarvoor ons onsself inlaat wanneer ons ‘n dissipelskap van Jesus aanvaar en die opdrag verstaan. Sommige mense se leefwyses is ongelukkig geen voorbeeld van sulke geloof nie. Daar is ook diè Christene wat sê hulle het Jesus lief, en leef vir Hom…solank Hy doen wat hulle wil.

Solank Jesus die “Gelukbringer” vir die “Dawid” binne hulle sê hoe om die “Goliatte” in hulle lewens te oorwin, is hulle aanboord. Jesus die Gelukbringer maak die Bybel oop oor jou en wil net hê jy moet gelukkig wees. Oorgawe aan hierdie Jesus is glad nie moeilik nie, jy moet bloot jou gevoelens volg en sekermaak jy lees slegs diè stukkies in Die Skrif wat inpas by die mosaïek van wie jy wil hê Jesus moet wees. Dit lyk soos ‘n teenstrydigheid, maar baie het Jesus geherdefinieer as iemand wat hulle kan bewonder en terselfdertyd ignoreer. Hy is Jesus die Gelukbringer, die gerieflike cheer leader wat jou laat goed voel. Lofwaardig? Beslis! Solank Hy voldoen aan dit waarme ons gemaklik is en gebruik kan word wanneer dit gerieflik is en solank Hy kultureel aanvaarbaar is. Is Hy die God van jou lewe, of is jy? Volg jy die Jesus van die Heilige Bybel of volg jy die Jesus wat jy na jou eie beeld geskep het? Is Jesus jou gelukbringer of is Hy jou Soewereine Redder?