‘n Ateïs se versoek om ons Saak te stel

Alhoewel St Francis van Assisi 800 jaar gelede gesterf het, bestaan sy invloed nog steeds. Hy was ‘n man wat die natuur vereer het en sy lewe opgeoffer het in diens van God en sy kerk. In die Christendom het hy veral bekendheid verwerf met ‘n spreekwoord wat belangrik is vir almal wat ernstig is oor die deel van hul geloof:

Verkondig altyd die Evangelie. Indien nodig, gebruik woorde

 

Die moderne interpretasie van St Francis se aansporing is duidelik. Ons taak is om mense in God se Koninkryk in lief te hê, en nie om met hulle daaroor te redeneer nie. Die voer van argumente is vrugteloos en kan ook geen konstruktiewe bydrae lewer in reaksie op die versoek van ‘n ateïs om ons saak te stel nie. Hier is die redes:

‘n Evangelie Sonder Woorde

Dit bly ‘n feit dat dade baie harder spreek as woorde. Jy kan woorde uiter soos jy wil maar jou dade gaan bepalend wees by mense. Niemand wil hê dat die vrug van ons lewens, ons geloof – waarvan ons die verkondigers is – weerspreek nie maar kan die Boodskap inderdaad verkondig word met slegs dade soos St Francis voorstel?

Die probleem is dat die Evangelie waarheidsaansprake maak oor die aard van die wêreld, die aard van die mens, en die uiteindelike geneesmiddel vir die mens se opstand teen God. Dit is ‘n ware verhaal. En dit kan slegs “goeie nuus” wees indien dit werklik die Waarheid is. Hoe kan ons dus die waarheidsaansprake van hierdie Boodskap deel en hul implikasies verduidelik sonder om woorde te gebruik of antwoorde te gee?

Ek glo nie dat dit moontlik is nie. Soiets sou nie slegs skadelik wees nie, maar dit  sal die Evangelie ondermyn eerder as om dit met passie te ondersteun. My redenasie  word ondersteun deur ‘n woedende ateïs.

 

Die Geskenk van ‘n Bybel

Penn Jillette en sy kollega, Raymond Teller, vermaak Las Vegas gehore al vir jare lank met hulle Penn & Teller vertoning, ‘n mengsel van towerspel, musiek, en kommentaar. Dit is die vertoning met die langste loopvlak in 1 hotel in die geskiedenis van Las Vegas. Jillette is ‘n towenaar, akteur, en uitvinder. Hy is ook ‘n  ateïs en so vasbeslote om God se bestaan te ontken dat 3 van sy motors se nommerplate na bewering voorheen gelees het: “ateïs,” “geen god,” en “goddeloos”. “Vreemd genoeg,” sê Jillette, “wou hulle my nie ‘ongelowige’ gee nie”. Hy was ook ‘n  deelnemer aan YouTube se virale “Godslastering uitdaging,” waarin deelnemers openlik die Heilige Gees bespot en verwerp het.

Penn Jillette is nie ‘n vriend van die Christendom nie maar sy boodskap behoort deur elke Christen ter harte geneem word.

In Julie 2010 plaas Jillette ‘n video aanlyn waarin hy die verhaal deel van ‘n man wat hom na afloop van een van sy vertonings genader het. Die man was uiters vleieind oor die Penn & Teller-vertoning en het Jillette se eerlikheid, sy taalgebruik, en sy talent baie geniet en gekomplimenteer. Die man was beleefd en nederig en het ‘n geskenk saamgebring. “Ek was gisteraand hier,” het hy gesê, “Ek het hierdie vir jou saamgebring.” Die man het ‘n sakbybel aan Jillette oorhandig met die Nuwe Testament en Psalms. Penn Jillette het dit baie duidelik gemaak hoe nederig dankbaar hy was oor die gebaar en houding van hierdie vriendelike Christenman.

“Ek sukkel om respek te hê vir mense wat nie bekeringswerk doen nie. Indien jy glo daar is ‘n hemel en ‘n hel, en indien jy glo dat mense hel toe kan gaan, of die ewige lewe kan misloop, maar jy dink dit is nie die moeite werd om dit vir hulle te sê nie omdat dit sosiaal ongemaklik sou wees, Hoe moet jy iemand haat om hulle nie van die Evangelie te vertel nie? Hoe en liefdeloos en vol haat moet jy wees om te glo in die ewige lewe maar mense nie daarvan te vertel nie? As ek sonder enige twyfel glo dat daar ‘n trok op jou afjaag maar jy wil dit nie glo nie, gaan daar ‘n tydstip kom waar ek jou uit die pad sal duik. En die eige lewe is tog soveel belangriker as dit”

(Neem asseblief kennis dat hierdie ‘n aanhaling van Penn Jillette is en nie noodwendig die sienings van alle individue verteenwoordig nie).

Verkeerde aanhaling van St. Francis

Die meeste van ons het nie veel in gemeen met ‘n woedende ateïstiese Las Vegas-persoonlikheid wat die Heilige Gees bespot nie. Maar dit sou elke Christen baat om Penn Jillette se bedenking ernstig op te neem. Dit verskil nie net met die stelling om “mense in God se Koninkryk in lief te hê” nie, maar stem ook ooreen met wat Francis werklik gesê en gedoen het. Sy eintlike woorde in 1221 na Christus sonder die moderne verdraaiing was:

Laat geen van die broers teenstrydig preek teenoor die vorm en instelling van die kerk nie … Nietemin, laat al die broers deur hul dade preek.[1]

Hy bedoel dus nie die verkondiging van die evangelie moet afhanklik wees van enigiets nie maar hy koppel woorde en dade direk aan mekaar. Nadat hy tot oortuiging gekom het deur ‘n preek in 1209, was Francis van Assisi toegewyd aan die soort lewe waarvoor hy nou bekend is. Hy het ‘n eed van armoede afgelê, en ‘n noue verbintenis gehad met die natuur en die skoonheid van die skepping. Alhoewel hy empatie gehad het met mense was hy ook bekend vir sy kragtige preke. Hy het die Evangelie uitgeleef, en hy was gelukkig om ander daarvan te vertel.

Woorde is altyd nodig.

Argumente en bewyse is allermins intellektuele byvoegsels tot die Evangelie, dit is  integraal daarmee verweef. God het ons wêreld deurdrenk met waarhede wat nooit voldoende deur slegs ons dade uitgedruk kan word nie. Daar is etlike militante ateïste wat terggedraai het na God nadat hulle van hierdie dinge gehoor het. C. S. Lewis, Antony Flew, Lee Strobel, en J. Warner Wallace is sulke mense. Penn Jillette is nie op daardie lys nie – nog nie. Dit is sy keuse, nie ons s’n nie. Moet hom nie daaroor haat nie. Wees aantreklik en vriendelik.

Maar moet asseblief nie stilbly nie.