Die diens by die Cincinnati nie-denominasionele gemeenskapkerk het skaars ge-eindig toe ek die boodskappe van my vriende op my foon begin ontvang. Na die diens, wat gelei was deur ‘n besoekende pastoor aan ons kerk, het almal, nes my vrou en ek, dieselfde vraag gehad: “Wat op aarde was dit?” Die eenvoudige antwoord was dat ons onwetend ‘n wolf in die skaapkraal toegelaat het. Hy was ‘n professor by ‘n Christelike universteit en het verskeie kere reeds by ons kerk gepreek. Sy preke was nooit opspraakwekkend nie en ons het geglo hy kan vertrou word. Dit was hierdie keer duidelik dat hy nie ‘n boodskap gehad het nie maar ‘n agenda. Sy preek het hierdie keer begin met Efesiërs 2:11-22 se eerste woord “daarom”, wat ooglopend bedoel was as koppeling aan vorige versgedeeltes. Dit moes dien as die raakvlak tussen Paulus se beskrywing van die Persoon van Christus en Sy sending in die begin van hoofstuk 2, en sy verduidliking dat die evangelie ook vir die heidene bedoel word, in hoofstuk 3.
Die onmiskenbare punt van hierdie skrif is dus eintlik dat die wet wat die heidene uitegesluit het, nou vervang word met die evangelie en genade wat heidene ook nou kan ontvang deur die prys wat Christus betaal het. Dit handel oor Gees-vs-Wet, genade-vs-werke. Dit is ‘n oproep tot eenheid, waarin Paulus ons herinner dat heidene nie meer uitgeworpenes en vreemdelinge is nie, maar volwaardige lede van God se familie. Paulus beklemtoon dat verlossing eenheid bring en dat dit vir almal die antwoord is teen die menslike rebellie en vyandigheid teenoor God.
Verander die Onderwerp
Ons gasprediker het dit aanvanklik terloops so genoem maar na ‘n paar minute het sy preek ‘n verraderlike draai begin maak. Sy fokus het verskuif van die oplossing vir die mens se vyandigheid teenoor God na die realiteit van mense se vyandigheid teenoor mekaar. Skielik hoor ons toe oor diversiteit, insltuing, die minderheid, en die mensdom se neiging tot konflik.
Hy het die onderwerp verander. Sy doel was nie om die skrif uit te lê nie (eksegese) maar eerder om ‘n kulturele boodkskap te gee. Die onderwerp het subtiel verander en die sentrale punt geword. Ons het ‘n lesing gekry oor die gebrek aan diversiteit in die demografie van westerse kerke soos ons sin. Ons was voorheen gewaarsku teen die Evangeliese Christenskap se neiging na ‘n toksiese Christen nasionalisme, en hier het ons presies ervaar hoe dit die sentrale boodskap raak. Hy het briewe begin lees wat hy van sy diverse vriende ontvang het in reaksie op sy vraag: “Wat wil jy hê moet wit Amerikaanse Christene verstaan oor Christene soos jy?”. Die insinuasie van verdeeldheid was in sy vraag geweef, en kort voor lank het dit vrug gedra.
Kritiseer mense wat hulle nog nooit ontmoet het nie
Hy het later ontken het dat hy enigiets verstaan van die Kritiese Ras Teorie (KRT) of dat hy daaroor wou praat. Die briewe wat hy egter gelees het kon netsowel dien as ‘n opsomming daarvan. Dit het vereis dat wit christene nie net nie-rasisities moet wees nie, maar ook anti-rasissties. Wit broers en susters moet nie slegs erken dat hulle rassistiese neigings het nie maar hulle moet ook hulle familie, vriende, kollegas en mede kerk gangers daarmee uitdaag en konfronteer.
Ons was gevra om na te dink hoe bestaande prosesse en stelsels kan verander wat dit tans moeilik maak vir swart Amerikaners om hulle Amerikaner Droom na te streef. Een vrou wat nog nooit iemand in ons gemeente ontmoet het nie, het ons verseker dat sy ons nie haat nie, maar dat sy bid dat sy ons eendag te volle sal kan vergewe! Die skade wat hierdie bom in ons kerk veroorsaak het, was enorm en dit is nodig om te vra wat hierdie lesing te doen het met Efesiers 2:11-22. Die antwoord is eenvoudig NIKS, en daarin lê die probleem!
Eisegese vs Eksegese
Die gas prediker was nie besig om die skrif uit te lê (eksegese), of ‘n praktiese toepassing daarvan (eks in die Grieks) te verduidelik nie, hy was besig om sy eie siening (eis in die Grieks) voor te lê. Dit word genoem eisegese waarvan die teenoorgestelde eksegese is. Niemand kan ontken dat rassisme bestaan in ons samelewing nie, en ons moet daaroor gesels. Om mense egter te groepeer volgens iemand anders se aannames oor hulle lewensuitkyk gebasseer op hulle ras, bv wit christene en nie-blanke christene is nie bevorderlik vir ‘n gesprek hieroor nie. Elke mens behoort eerder gesien te word as ‘n unieke skepping na die Beeld van God. Rassisme was hierdie prediker se onderwerp vir die dag, maar sy benadering was tiperend van ‘n nuwe neiging wat in die kerk begin posvat. Ons gemeente het dit op hierdie dag regstreeks ervaar maar die gevaarlikste eisegeses is baie verraderlik en vind stadig oor ‘n lang tyd plaas.
Bekruip die Skape
Die glibberige tentakels van die “Wokeness” ideologie is besig om die kerk te infiltreer onder die dekmantel van Reg, inklusiwiteit, verdraagsaamheid en liefde. Die kop van die slang bly egter dieselfde as wat dit altyd was! Die menslike neiging om God se Woord vanuit die lens van die eie ek te interpreteer. Een van die kern aspekte van hierdie prediker se boodskap was die vermaning om sy woorde te glo soos hy dit baseer het op ander se ervaring. Die denkfout daarmee is duidelik – wat van diegene met ander ervarings? Ons gemeente het ‘n blatante aanslag beleef, maar hierdie tipe aanslag in die kerk gebeur meestal subtiel meestal end it is juis die rede dat dit so gevaarlik is. Alisa Childers het ‘n baie goeie kurrikulum ontwikkel genaamd “Church Wide Curriculum” waarin sy bekryf hoe hierdie gevaarlike aanslag identifiseer en teegestaan kan word.
Wees nugter en waaksaam
Die aanslag op Christelike kolleges is nie veel anders nie. Wakker studente verwag die tipiese ateïstiese professor by staats universiteite and ander verkies om dit te vermy en eerder by christelike kolleges of universiteite te studeer. Die gevaar bestaan dat hulle minder waaksaam raak wanneer hulle hierdie christelike instansies betree omdat hulle verwag die professors daar het ‘n bybelse wereld beskouing. Die realiteit is egter dat hierdie kolleges nie immuun is teen slegte idees nie. Ons gasprediker het self so kollege bygewoon en mens kan net wonder hoeveel jong mense deur sy eisegese beïnvloed is. Daar is waarskynlik diegene wat hierdie onderwerp met eerlike intensies hanteer maar dit beteken allermins dat ons passief moet wees wanneer ons dit waarneem. Wees versigtig vir die wolwe in skaapklere – hulle gaan nie verdwyn nie, hulle vind bloot nuwe maniere om die kerk te betree.