Daar was nog altyd boosheid en lyding in die wêreld en hoe om sin te maak daarvan, is ‘n hooftema van Christelike apologetika. Dikwels word die argument gebruik dat God ons ‘n vrye wil gegee het, en daarom het mense die vryheid om te kies om kwaad te doen. Maar hierdie antwoord bevredig nie die ateïs nie. Dikwels sal hy God se goedheid uitdaag met opmerkings soos die volgende:
“Jy beweer dat jou God alwetend is. So, toe hy die heelal geskep het, het hy die lyding wat mense sou verduur as gevolg van die sonde van daardie oorspronklike mense gesien. Hy sou sekerlik geweet het dat dit beter sou gewees het vir die mense om nooit gebore te gewees het nie (In werklikheid sê die Bybel hierdie ding), en sekerlik sou hierdie deernisvolle godheid die skepping van ‘n heelal wat bestem was vir onvolmaaktheid voorspel het waarin baie van die mense gedoem was tot ewige lyding…of alternatiewelik slegs die mense skep wat God vryelik sal kies en die moontlikheid van hul lyding sal uitskakel.”
Hierdie uitdaging het ‘n baie intuïtiewe aantrekkingskrag. Ons almal het te doen met die lyding wat elkeen van ons in wisselende mate ondervind namate ons lewens vorder. Ons besef die broosheid van ons menslike toestand, en hoe onherbergsaam hierdie skepping is vir vlees en bloed sterflinge. Dit is inderdaad skrikwekkend om te dink aan al die maniere waarop ons lewens tragies verander of beëindig kan word. Maar “bewys” hierdie harde realiteit dat God nie “goed” is nie?
Wat bedoel jy met “GOED”?
Die eerste stap oor om op hierdie uitdaging te reageer, is om ‘n beter idee te kry van wat bedoel word met ‘goed.” Oor die algemeen is ‘goed’ ‘n maatstaf van gehalte maw tot watter mate ‘n voorwerp of ‘n idee tot ‘n standaard van prestasie gemeet kan word. ‘n “Goeie” ‘mes is een wat sy funksie of die beoogde gebruik daarvan toepaslik uitvoer. ‘n “Goeie” persoon is een wat leef tot ‘n standaard van gedrag. Maar hoe kan ‘n mens bepaal wat die standaard moet wees? Byvoorbeeld, elke keer as twee opponerende dinge in konflik is, of dit nou spanne, leërs of idees is, sal die kwaliteit van die uitkoms noodwendig vanuit die unieke perspektief van elk van die betrokke partye beslis word. Byvoorbeeld die Amerikaanse oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog was ‘n “goeie” uitkoms vir Westerse demokrasie, maar beslis ‘n “slegte” uitkoms vir diegene wat hul toekomstige hoop op die Nazi’s geplaas het. ‘n Goeie uitkoms vir my gunsteling “baseball” span is wanneer die ander kant verloor. In Kort en met die risiko om effe vlak te klink, wat botsende wêreldbeskouings of idees aanbetref, is ‘n “wen” die uitkoms wat goed is vir die wenner en sleg is vir die verloorder.
Met hierdie basiese onderskeid in gedagte, wil dit voorkom asof die antwoord op die vraag of die skepping van ‘n heelal wat bestem is vir onvolmaaktheid waarvoor baie van die mense gedoem is tot ewige lyding, ‘beter’ sou wees, sou afhang van die persoon vir wie die vraag gevra word.
Vir die van ons wat ‘n ewigheid in die hemel gaan deurbring saam met ‘n God van eindelose krag, Wie van plan is om ons in Sy teenwoordigheid vreugdevol vir ewig te laat leef, het Hy het beslis die regte ding gedoen om ons te skape en vir ons hierdie geleentheid te gee.
Oneindige en ewige vreugde en vervulling teenoor, wel, vergetelheid – dit is nie ‘n moeilike keuse nie. Vir die persoon wat egter pyniging in die hel ervaar en besef dat hy vir alle ewigheid bewus maar geskei sal wees van hierdie ontsagwekkende wese, sal dit waarskynlik ‘beter’ lyk dat die mens nooit geskape was nie.
Wie besluit wat is beter?
Maar kom ons neem dit na ‘n dieper vlak. Hoe word besluit watter een van die twee opponerende beweringe korrek is dat ‘n gevolgtrekking wat volgens hul eie begeertes en aannames gemaak word, objektief ‘n “goeie” uitkoms is? Die Nazi’s het byvoorbeeld die oorwinning in Europa as ‘n goeie uitkoms beskou. Sou hul oorwinning die Nazi-oorheersing van Europa ‘n ‘goeie’ resultaat gemaak het? Die Nazi’s sou argumenteer dat hulle Duitsland in ‘n paar kort jare van ‘n beleërde nasie wat groot lyding ondervind het weens die Versailles-vredesverdrag tot ‘n ekonomiese magshuis verander het. ‘n Staat gekenmerk deur doeltreffendheid en groot industriëe. Hulle het probeer om die “doeltreffendheid” vir die res van Europa uit te brei, wat volgens hulle ‘n goeie resultaat sou wees.
Die Geallieerdes het weer gesê dat hul oorwinning nie net goed was bloot omdat hul kant gewen het nie. As die oorwinnaars het hulle nie slegs aangevoer dat hulle reg was en outomaties straf opgelê aan die oorwonnes nie. Hulle het die Nazi-leiers vervolg in wat bekend staan as die Neurenberg verhore, met die doel om te probeer bewys dat misdade teen die mensdom gepleeg is. Die onderliggende uitgangspunt was dat die ‘goeie’ wat deur die Geallieerdes bewerkstellig is, nie ‘n subjektiewe goed was nie, dit wil sê – ons is bly dat ons gewen het en dat julle verloor het. – maar ‘n objektiewe goed, dit wil sê, Nazi-amptenare was beskuldig van optrede wat objektief wreed en verkeerd was en daarom gestraf moes word. Die uitgangspunt van die hofsaak was dat sulke objektiewe kennis van “goed” vir ons beskikbaar is, en dat die mag van die oorwinnaar nie behoort te bepaal wat reg is nie. Dit sou nie moontlik wees nie om hierdie objektiewe beoordeling te maak indien elke kant self kan besluit dat dit wat goed is, slegs dit is wat hulle pas.
Hierdie is natuurlik ‘n gereelde argument van die teis. Terwyl ‘n ateïs morele waardes kan hê, kan hy nie sê waarop sy moraliteit gegrond is nie, omdat slegs die bestaan van ‘n transendente wese die basis kan wees of enige gedrag objektief ‘goed’ of ‘sleg’ is.
Maw ‘n ateïs kan morele waardes hê maar hy kan nie sy moraliteit grond nie. Sonder so ‘n objektiewe en transendente beoordeelaar is die gevolgtrekkings van die ateïs bloot menings, blote verklarings van hou daarvan of hou nie daarvan nie. Hy kan dus bloot sê dat die idee van mense in die hel hom nie aanstaan nie. Om te besluit dat dit erger vir iemand is om hel toe gaan as om geskape te geword het, moet die ateïs hom beroep op ‘n standaard van wat goed of sleg is. Maar wat is daardie standaard?
Christene kan ten minste sin maak van hierdie standaard: dit is vir die Skepper om te besluit. Soos met my voorbeeld van die Tweede Wêreldoorlog, is dit nie moeilik om te bepaal watter kant aan die objektiewe goeie kant was nie. Dit beteken nie dat die Geallieerdes niks verkeerd gedoen het of geen dwaashede gepleeg het nie. Dieselfde stel wette en reëls was op hulle van toepassing as vir die aksis-magte en die geskiedenis toon dat daar inderdaad oortredings was deur die Westerse magte ook. Maar slegs ‘n Geallieerde oorwinning kan beskou word as ‘n objektief goeie uitkoms, wat ooreenstem met God se begeertes. In teenstelling met die Nazi-filosofie, word alle mense na God se beeld gemaak en is hulle dus toegerus met Godgegewe regte wat geen regering van hulle mag wegneem nie.
[h2] It’s for God to Decide [h2] Dit is vir God om te besluit
Die antwoord op die vraag wat deur die uidaagster gestel is bly dieselfde: dit is vir Die Skepper om te besluit. Met Sy volmaakte kennis is Hy in ‘n beter posisie om te oordeel watter uitkoms beter is. Om God op hierdie manier uit te daag lyk werklik aanmatigend. Die skepper van hierdie heelal is duidelik ongelooflik intelligent en magtig. Dat ons moet besluit wat Hy moet doen om te skape of hoe Hy ‘n waardebepaling te maak van mededingende opsies – maak net soveel sin as wat my hond my raad gee oor loopbaankeuses of oor morele kwessies. Sonder die regte verwysingsraamwerk, behoort nederigheid ons te verhinder om God te vertel hoe Hy Sy kreatiewe werk moes benader.
Vir die vele individue wat op God se Geskenk gereageer het en die ewigheid in Sy teenwoordigheid ervaar sou dit beslis nie ‘n ‘goeie’ oplossing gewees het indien God eerder nie mense geskape het nie. As mens inagneem dat mense wat van God geskei is en wat Sy Geskenk weier, dit deur hul eie keuse doen en nie bloot lukraak gekies word nie, dan sou dit onregverdig wees om soveel mense wat wèl God se Geskenk aanvaar, die beloning en vreugde van daardie besluit te ontneem.
Voorgestelde Bronne
Can A Perfect Being Create the Imperfect? | Al Serrato)
Is a Perfect Being Possible? | Al Serrato
The Problem of Evil | Al Serrato