Wat beteken dit om in ‘n onewe juk gespan te wees?

Baie mense dink dalk dadelik aan twee basiese gedagtes wanneer hulle die woorde onewe juk hoor:

  1. Ek moet seker maak ek is in ‘n gelyke juk met my huweliksmaat of
  2. Waarom sal Paulus homself besig hou met jeuk plekke, of meer spesifiek gelyke jeuk plekke?

 

So belangrik soos dit mag wees om nie te krap waar dit jeuk nie, het hierdie konsep in die Bybel niks te doen met plekke wat jeuk of nie jeuk nie. Sommige mense is ook verras om te hoor dat hierdie konsep nie net beperk is tot die huwelik nie. Ek wil graag help om effe dieper na hierdie onderwerp te kyk.

 

Wat is ‘n Juk nou eintlik?

‘n Juk is a tipe hout balk wat twee diere, gewoonlik osse, aan mekaar koppel sodat hulle kan saamwerk en die werklading kan deel. Die juk sal aan ‘n wae vas gemaak word en die twee diere sal dan saamwerk as een span. Kom ons kyk na wat die skrif vir ons daaroor sê:

 

2 KORINTIËRS 6:14-18 (AFR83)

Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis? Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Baal? Hoe kan ‘n gelowige dieselfde belange hê as ‘n ongelowige? Hoe kan ‘n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het: “Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.” Daarom: “Gaan van hulle af weg en sonder julle af,” sê die Here, “en moenie wat onrein is, aanraak nie.” “Dan sal Ek julle aanneem, en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê die Here, die Almagtige.

 

Met die beskrywing van om saam in ‘n juk te trek, verbeel jouself dat twee osse saam in die juk is maar een os trek skeef en hulle is in ‘n onewe juk. Die waentjie trek skeef en is sommer van balans af en daarom eindig die twee osse op om in ‘n sirkel te loop en selfs heeltemal tot stilstand te kom. Ek dink ook aan ‘n drie-been wedloop waar twee mense se bene aan mekaar gebind word met tou en hulle dan saam moet hardloop om die resies te voltooi. Dink nou net as een sou sê nee hy gaan nie hardloop nie, of die een wil nie hardloop nie omdat die tou verkeerd gebind is. Die een sou die ander dan moes saam sleep soos ‘n sak klippe, en hulle sou verseker nie veel beweeg nie.

 

Wat is die Konteks

Soos enige ander skrif help dit om te weet hoekom hierdie skrif geskryf is en vir wie. Paulus skryf hierdie brief aan die Korintiese kerk om sy eie outoriteit te bevestig en om mense wat die waarheid verdraai aan die kaak te stel. Dit blyk dat daar nog altyd morele probleme bestaan in die kerk, en Paulus adresseer dit hier. In hoofstuk 6 help hy die gemeente reg want hulle glo dat hy bloot net beperkinge op hulle wil plaas.

Paulus was baie lief vir die Korintiërs en hy wou hê hulle moes dit weet. In hoofstuk 6 verse 11-13, sê Paulus hy besef hulle voel seer gemaak en dat hulle dink hy beperk hulle net, maar dat dit nie is wat hy doen nie. Hy noem dat dit eerder hulle self is wat die beperkinge op hulle self plaas, ironies genoeg deur hulle liefde vir die wêreld en self-trots.

 

Hierdie is vir ons tog so bekend want ons sien steeds vandag dat mense sê dit is veroordelend en liefdeloos om gesprekke te voer oor morele beperkings. Met hierdie agtergrond van wat dit beteken om in ‘n skewe juk te trek, kan ons beter verstaan waarom Paulus die voorbeeld gebruik. Hy spreek die ongebalanseerde liefde van die Korintiese Chritstene aan. Sien, hulle het hulle self in ‘n juk geplaas saam met ongelowiges en dit het hulle verhoed om met Paulus te versoen. Paulus vra hulle om nie so geheg aan die ongelowiges te wees nie want dit veroorsaak skade aan hulle verhouding met God en met ander gelowiges.

 

Die idee om nie in ‘n onewe juk te trek nie kom uit Deuteronomium 22:9 wat maan daarteen om  twee verskillende diere in ‘n juk te span en om twee goed saam te sit wat nie saam hoort nie. Soos tamatie sous op roomys, of akrielverf en turpentyn.

 

Of soos pynappel op Pizza (Dit is bloot net verkeerd!)

 

Baie mense gebruik hierdie verse in die konteks van ‘n gelowige wat met ‘n ongelowige trou, en dit is waar, maar dit verwys ook na soveel meer. Dit praat van enige situasie waar ons toelaat dat die wêreld ons denke beïnvloed tot die punt waar ons ‘n kompromie aangaan in ons geloof, of waar ons sinkretiseer met wêreldse oortuigings. Dit is die waarskuwing in Romeine 12:2: “Moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie”.

 

 

!! “Om saam in ‘n onewe juk te trek verwys na enige situasie waar ons toelaat dat die wêreld ons denke tot so mate beinvloed dat ons gelykvormig word en ons eie geloof kompromitteer” !!

 

Baie mense verstaan uit hierdie vers dat ons nooit saam met mense van ander oortuigings as ons eie, moet wees nie, maar hierdie stelling is nie waar nie. Nie eers Jesus het dit so gesien nie en Paulus sê ook nie dat ons nooit moet assosieer met ongelowiges nie. Die idee is eerder om in die wêreld te wees en nie van die wêreld nie. Ons is nie veronderstel om teologiese kluisenaars te wees in ons gelowige eggo kamers en slegs met mense te assosieer wat met ons saamstem nie. Dit is nie Bybels nie, dit ondersteun nie die opdrag in Matteus 28 om dissipels te maak nie en help ons ook nie om te weet hoekom ons glo wat ons glo soos 1 Petrus 3:15 sê.

 

Om so te lewe sal beteken ons steek ons liggies weg onder ‘n bos, en Jesus sê juis dat ons dit nie moet doen nie, veel eerder moet ons liggies skyn. Dit beteken nie dat as jy sukkel met n swakheid of as jy ‘n “people pleaser” is, dat jy jouself doelbewus in geestelike gevaarlike omstandighede moet plaas nie. Elkeen moet onderskei, met sensitiwiteit en wysheid. Dit beteken beslis ook nie dat ons ongelowiges moet verafsku of ‘n “Beter as jy” mentaliteit moet ontwikkel teenoor mense wat nie ons eie Christelike oortuigings ondersteun nie. Ons mag ook nie hierdie teks gebruik om diegene wat wèl vriendelik is met ongelowige oor die kop te slaan nie. Dit is bloot nie Bybels nie en in my opinie ook ongesond. Ons gesels nou spesifiek oor die juk op mense, en ons moet daarteen waak om onmoontlike jukke op ander te plaas terwyl Jesus juis gekom het om ons almal se juk te verlig. Sommige ekstremiste wat nooit tevrede is nie, gebruik hierdie vers as ‘n wapen teen mede gelowiges maar hulle mis die punt heeltemal.

 

Is dit nie meer liefdevol om in hulle juk te deel nie?

 

Die verskil het baie te doen met grense. Die Korintiërs het net soos vandag se mense gedink dat dit goed en liefdevol is om mense se sonde saam met geregtigheid te aanvaar, om donker en lig saam te sit om die duiwel en Jesus saam te aanvaar. Wanneer Paulus praat van ‘n onewe juk, dan dink ek nogal dit is soos ‘n eerste eeu se saambestaan plakker. Mens kan nie net die liefde van God verklaar sonder om dwaasheid uit te wys en te verwerp nie.

 

Die beste manier om die konteks van hierdie verse te verstaan is om na die Korintiërs se optrede te kyk en dat Paulus vir hulle sê dat hulle soos wêreldse mense dink en nie soos godvresende mense nie. Dit was as gevolg van hulle goddelose verhoudings dat hulle so gestruikel en geval het. Paulus probeer om dit reg te stel.

 

Om in ‘n onewe juk te trek saam iemand beteken jy is in ‘n ongebalanseerde verhouding met iemand en is besig om kompromieë aan te gaan rakend jou geloofswaardes en oortuigings. Dit is ‘n tipe sinkretisme. Dit is om jou Christenskap te vermeng met die kultuur om jou en dan ‘n soort van nuwe tipe Christenskap te vorm, een wat vir almal aanvaarbaar is. Dit is dan eintlik net ‘n manier om nie die mense rondom jou in die gesig te vat nie. Vergelyk dit met wat ons noem kontekstualisering – om die evangelie op ‘n kultruele toepaslike wyse met ongelowiges te deel terwyl ons glad nie n kompromie aangaan rakend die waarheid van die evangelie nie.