Wie het God gemaak?

Deur Bobby Conway

 

Het jy jouself al ooit in ‘n gesprek bevind met ‘n skeptikus wat jou op ‘n gotcha-manier vra, “Wel, wie het God gemaak?” Om die vraag te vra: “Wie het God gemaak?” is soos om te vra, “Hoe het Beethoven se Moonlight Sonata gesmaak?” Dit maak net nie sin nie – God is nie gemaak nie en Beethoven se Moonlight Sonata kan nie geproe word nie. Die beroemde ateïs Bertrand Russell het dit in hierdie trant bedoel toe hy gesê het: “As alles ‘n oorsprong moet hê, moet God tog ook ‘n oorsprong hê.” Tog is dit nie waar dat alles ‘n oorsprong moet hê nie. Slegs dit wat op ‘n spesfieke stadium begin bestaan het, kan  ‘n oorsprong hê. Hierin bestaan God in Sy eie kategorie.

 

 

He is the beginning-less Beginner.

God is is die ongeskape Skepper, die beginlose Beginner.

Hy is die beginlose Oorsprong van alles wat begin bestaan het

 

Dink daaraan. Alles wat ‘n begin gehad het, het ‘n oorsprong gehad. En elke begin het ‘n Beginner gehad. Elke produk het ‘n produsent. Elke inisiatief het ‘n inisieerder. As daar ‘n oorsprong is, moet daar ‘n Skepper wees. En aangesien daar ‘n begin is, is daar ‘n Beginner.

En daardie Beginner is God!

Die Skrif roep uit in die heel eerste vers van die Bybel in Genesis 1:1; “In die begin het God die hemel en die aarde geskape” Ver van enige bewering dat Hy gemaak is, is God die Vervaardiger van alle dinge wat gemaak is.

 

Let weer op na die onderskeid. Die verskil tussen God en alles wat bestaan, is dat alles anders begin bestaan het, terwyl God net bestaan. Toe God aan Moses verskyn het in die brandende bos het Hy vir Moses die volgende gesê:  “If I come to the people of Israel and say to them, ‘The God of your fathers has sent me to you,’ and they ask me, ‘What is his e?’ what shall I say to them?” God said to Moses, “I am who to you’” (Exodus 3:13-14).

Hy het Homself aan Moses onthul as die Selfbestaande Een. Die een wat nie geskep is nie. God het gesê: “Moses, sê vir hulle dat die Een wat nooit ‘n begin gehad het nie, jou gestuur het. Die ongeskape een”.

Anders as die Mens, is God na Wie filosowe verwys as ‘n Noodsaaklike Wese, ‘n Onafhanklike Wese. En elkeen van ons is, anders as God, voorwaardelike wesens en dus afhanklik. Die heelal is ook afhanklik omdat God dit tot stand gebring het. Dit beteken dat alle dinge wat begin bestaan het, afhanklik is van God se bestaan.

Dit blyk dat daar ‘n probleem is met die vraag “Wie het God gemaak?” Die woord gemaak kan nie van God gesê word nie. Want God is die ongemaakte maker. Soos verwag, is Hy in ‘n liga van Sy eie.

 

Voorgestelde Bronne in verband met die onderwerp:

Why Science Needs God by Dr. Frank Turek (DVD and Mp4)

Oh, Why Didn’t I Say That? Does Science Disprove God? by Dr. Frank Turek (DVD and Mp4)

 

______________________________________________________________________________________________

 

Bobby dien as hoofpredikant van Image Church in Charlotte, Noord-Carolina, en is bekend vir sy YouTube-bediening, One Minute Apologist, wat nou bekend staan as Christianity still makes sense. Hy dien ook as mede aanbieder van Pastors’ Perspective, ‘n radio program op KWVE in Suid-Kalifornië. Bobby behaal sy meestersgraad in teologie aan Dallas Theological Seminary, sy doktorsgraad in  apologetika aan die Southern Evangelical Seminary, en sy Ph.D. in godsdiensfilosofie aan die Universiteit van Birmingham (Engeland) waar hy onder toesig van David Cheetham en Yujin Nagasawa studier het. Bobby het ook verskeie boeke geskryf, waaronder: The Fifth Gospel, Doubting Toward Faith, Does God Exist, and Fifty-One other Questions About God and the Bible asook Christianity Still Makes Sense wat in April 2024 deur Tyndale gepubliseer word. Hy is getroud met Heather en hulle het twee volwasse kinders: Haley en Dawson.